Passenger Support Services (PSS) is gestig in 1995 en ons is gestasioneer op OR Tambo Internasionale Lughawe. Ons dienste is gerig op ongeskeduleerde vlugte, jagters markte en algemene lugvaartdieste. PSS is een van twee "Fixed Base Operators” lisensiehouers en hanteer tans 59% van die mark op OR Tambo Internasionale Lughawe. PSS spesialiseer in die hantering van vlugte vir spesiale groepe, natuur toeriste en ekslusiewe nie-geskeduleerde vlugte. PSS se span is professioneel en vriendelik. Ons span is op tyd en altyd gereed om te help. Ons bied tans die volgende dienste aan ons kliënte: - Ontmoet & groet (meet & greet)
- Publieke vervoer
- Tydelike invoerpermitte vir vuurwapens vir jagters wat in Suid-Afrika kom jag en wapen-koördinasie
- Veilige berging van bagasie
- Versending van jagtrofees
- Vliegtuig brandstof
- Passasier en bagasie hantering vir ongeskeduleerde vlugte
- Vervoer van vlug bemanning
- Besigheid sitkamer geriewe
|